Stilet. Schaffer-Samespraak-uitgawe

STILET (2022)

34(2)  

Alfred Schaffer / Samespraak

Gasredakteur: Alwyn Roux , Yves T’Sjoen, Francine Maessen

 Voorstel vir tema-uitgawe

Vir die inhoud van die spesiale Stilet-uitgawe van Samespraak, stel ons twee soorte bydraes voor:

Eerstens, akademiese artikels wat ons beperk tot die volgende twee onderwerpe: (1) vergelykende (transnasionale) studies wat die deelnemers tydens 2021 onderneem het, of (2) ‘n artikel oor die akademiese, kreatiewe en vertaalwerk van Alfred Schaffer en sy rol as kultuurbemiddelaar tussen Afrikaans en Nederlands. Tweedens, die transnasionale ontvangs van Schaffer se werk (onderskeidelik in die Afrikaanse en Nederlandse taalgebied).

Die stylriglyne kan hier afgelaai word: https://journals.co.za/pb-assets/auth_guidelines/stilet_auth-1624529496030.pdf.

Die redaksiespan vir die uitgawe bestaan uit prof. dr. Yves T’Sjoen (hoogleraar, Universiteit Gent), drs. Francine Maessen (PhD-kandidaat, Universiteit van Amsterdam) en prof. Alwyn Roux (Universiteit van Suid-Afrika).

Kontak ons gerus by erouxap@unisa.ac.za vir enige verdere navrae.

Voorlegging van voltooide artikels (6 000-9 000 woorde) aan Alwyn Roux:  15 Julie 2022

Previous
Previous

Stilet. Schaffer-Samespraak-uitgave

Next
Next

Yves T’Sjoen. Korte notitie