Skrywersresidensies

Large JPG-Aro Ha_0380.jpg

Mei 2021

Alfred Schaffer

Alfred Schaffer is ’n digter en poësievertaler. Hy skryf resensies oor Nederlandstalige poësie vir De Groene Amsterdammer, en is sedert 2014 ’n voltydse dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch.

Sy ma was van die Karibiese eiland Aruba, en sy pa was ’n Nederlander. Hy studeer Nederlands en toneelwetenskap in Leiden en behaal in 2002 sy doktorsgraad aan die Universiteit van Kaapstad.

Hierna was hy in Amsterdam as ’n redakteur by die literêre uitgewers Cossee en De Bezige Bij werksaam, waar sy eie poësie ook gepubliseer is. Sy debuutbundel, Zijn opkomst in de voorstad, verskyn in 2000. Hierna verskyn nog etlike ander digbundels, onder meer Schuim (2006), Kooi (2008), Mens dier ding (2014), Postuum. Een lofzang (2016) en wie was ik. strafregels (2020).

Sy poësie is al met onder meer die Paul Snoek-prys, die Awater Poësieprys, die Charlotte Köhler Prys, die Ida Gerhardt Poësieprys, die Jan Campert-prys en die Hugues C Pernath-prys, bekroon. Sy gedigte is al in Engels, Frans, Duits, Spaans, Chinees, Sweeds, Turks en Indonesies vertaal.

In 2013 verskyn Kom in, dit vries daar buite by Protea Boekhuis, ’n keur uit sy eerste vyf digbundels, vertaal deur Daniel Hugo. Mens dier ding is deur Zandra Bezuidenhout in Afrikaans vertaal en in Desember 2018 deur Human & Rousseau uitgegee.

Mei 2022

Nachoem M. Wijnberg

Nachoem M. Wijnberg (Amsterdam, 1961) is dichter - in maart 2020 verschijnt zijn twintigste bundel Namen Noemen (Pluim, 2022 namen noemen) – en publiceerde ook 5 romans - laatstverschenen Alle collega’s dood (van Gennep, 2015). In 2018 ontving hij de P.C. Hooftprijs - de belangrijkste oeuvreprijs in Nederland – en daarvoor werd zijn poëzie bekroond met vele Nederlandse en Belgische literaire prijzen.

Vertaalde bundels verschenen in Engeland (Advance Payment, Anvil/Carcanet, 2013), de Verenigde Staten (Divan of Ghalib, White Pine, 2016; Of Great Importance, Punctum, 2018 – in 2022 verschijnt bij NYRB poetry Selected Poems), Italië (Divan di Ghalib, La Camera Verde, 2015; in 2021 verschijnt Partita D'Addio, Raffaelli Editore) en in 2022 zullen twee van zijn bundels in Duitse vertaling  verschijnen (Jüdische Gedichte,  Aphaia Verlag; Das Leben von, Edition Virgines Verlag ).

Daniel Hugo vertaalde zijn bundel Liedjes (de Bezige Bij, 2006) voor een tweetalige uitgave Liedjies/Liedjes uitgegeven door Imprimatur (2021).

Hij is ook werkzaam als hoogleraar aan de faculteit Economie en Bedrijfskunde van de Universiteit van Amsterdam en heeft een gasthoogleraarschap aan de Universiteit van Johannesburg.

 

Mei 2023

Lynthia Julius en Jolyn Phillips

Lynthia Julius, afkomstig van Springbok en woonagtig in Kimberley, het ’n honneursgraad in filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Sy volg tans 'n MA in Kreatiewe Skryfkuns aan dieselfde instansie. Sy het die Afrikaanse kategorie van die Avbob-poësiekompetisie in 2018 gewen. Haar debuutbundel Uit die Kroes (2020) is vereer met die Eerstekeer Gepubliseerde Skrywer-toekenning by die South African Literary Awards in 2021.

Jolyn Phillips is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer. Haar debuutbundel, Tjieng Tjang Tjerries (2016) was op die kortlys vir die UJ-debuutprys en ontvang die toekenning van die Nasionale Instituut vir Sosiale Wetenskappe en Geesteswetenskappe. Haar digdebuut Radbraak (2017) het die UJ-prys gewen en benoemings vir ander gesogte toekennings. In 2020 is haar jongste bundel Bientang vrygestel.