photo-1501556466850-7c9fa1fccb4c (1).jpg



Opkomende seminare

Vanaf 1 Junie 2023, gaan Jolyn Phillips en Lynthia Julius die skrywers-in-residensie van Samespraak wees. Die bekendstelling van die skrywers-in-residensie-program vind plaas op 31 Mei 2023 omstreeks 18:00. Iedereen is welkom om die Zoom-byeenkoms by te woon. Daar is reeds ‘n seminaar in die vooruitsig vir einde Junie-maand met die fokus op die Marlene van Niekerk-huldigingsbundel (SA Akademie). Meer besonderhede hieroor, sal binnekort bekendgemaak word.

Samespraak: 10 Augustus 2023

Gespreksforum

Julle word vriendelik uitgenooi na die Samespraak-gespreksforum op 10 Augustus 2023 van 12:15 tot 13:45.

12:15-13:00 Prof Louise Viljoen in gesprek met dr Eben Venter oor Decima (2023)
13:-00-13:45 Prof Andries Visagie in gesprek met prof Siegfried Huigen oor Shaping a Dutch East Indies: François Valentyn’s VOC Empire (2023)

Klik op die onderstaande Zoom-skakel om die seminaar by te woon: https://us02web.zoom.us/j/5122580627?pwd=Wlhtemw5M2QxUWZmNURkdlc0dHd0Zz09

Wagwoord-ID: 512 258 0627
Wagkode: 1234

Vir meer inligting, kontak gerus vir Alwyn Roux by erouxap@unisa.ac.za.