Waarom bestaan Samespraak?
Samespraak is ‘n onafhanklike digitale sentrum vir Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. Ons bring navorsers, skrywers, studente en lesers bymekaar deur seminare, publikasies, skrywersresidensies en gesprekke. Ons doel is om oor landsgrense heen ‘n lewende gemeenskap te bou waar idees gedeel, navorsing bespreek en nuwe samewerkings gebore word.
Hoe werk die lesings? (2025–2026)
Die Samespraak-program vir 2025–2026 fokus op die tema “Repliek. Trajekte van Nederlandstalige skrywers in Suid-Afrika en Namibië”. Hierdie tema plaas vergelykende literêre navorsing sentraal, met gevallestudies oor skrywers wie se werk taal- en landsgrense oorsteek. Só word bygedra tot ’n kontakgeskiedenis tussen Afrikaans en Nederlands.
Maandelikse aanlynbyeenkomste sluit referate, gevallestudies en gesprekke in, aangebied deur navorsers uit Suider-Afrika en die Lae Lande. Kollegas word genooi om deel te neem en self gevallestudies in te bring.
’n Besonderse hoogtepunt van die program is die betrokkenheid van Simone Atangana Bekono en Veronique Jephtas as skrywers-in-residensie
Hoe werk die blogs?
Jy is meer as welkom om vir ons ‘n bloginskrywing aan te stuur oor jou werk in die studieveld van Afrikaans en Neerlandistiek. Stuur gerus jou bydrae aan Alwyn Roux by erouxap@unisa.ac.za.

