hierdie Samespraak-sessie het Alwyn Roux en Yves T'Sjoen in gesprek getree met Simone Atangana Bekono en Veronique Jephtas oor skryf as daad van weerstand, geslagsgebaseerde geweld en die politiek van taal in Afrikaans, Kaaps en Nederlands.

In gesprek met Veronique Jepthas en Simone Atangana Bekono (19 Mei 2026)

In hierdie Samespraak-sessie het Alwyn Roux en Yves T'Sjoen in gesprek getree met Marius Swart en Marni Bonthuys oor die Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans (TNA), hul navorsing, en die raakpunte tussen die Nederlandstalige taal- en letterkunde in Suid-Afrika en die Lae Lande.

In gesprek met Marni Bonthuys en Marius Swart (24 Maart 2026)

Op 24 Februarie 2026 het Alwyn Roux en Yves T’Sjoen met Ingrid Glorie en Rob van der Veer in gesprek getree oor die literere grensgebied tussen Afrikaans en Nederlands. In die gesprek met Glorie het dit veral gegaan oor die wyse waarop Afrikaanse literatuur bemiddel word in die Lae Landse milieu, met projekte soos Festival voor het Afrikaans en Week van de Afrikaanse roman. By Van der Veer, sy keuse om Afrikaanse en Suider-Afrikaanse romans in Nederlands te vertaal, sowel as sy vertaalstrategieë.

Nota: ek moet apologie aanteken: die eerste tien minute van Ingrid Glorie se gesprek, maak nie deel uit van die opname nie. Dit het gekom weens ‘n tegniese fout met die sagteware.

In gesprek met Ingrid Glorie en Rob van der Veer (24 Februarie 2026)

Op 30 September 2025 het Alwyn Roux met Yves T’Sjoen gesels oor die nuwe jaargang van Samespraak. Die oorhoofse tema vir 2025–2026 was “trajekte van Nederlandstalige skrywers in Suid-Afrika en Namibië”, met ’n fokus op kruisbestuiwing, resepsie en die veelkantige kontakgeskiedenisse tussen die Afrikaanse en Nederlandstalige letterkundes.

Alwyn Roux in gesprek met Yves T’Sjoen oor Samespraak 2025-2026

Op 4 Desember het Alwyn Roux en Yves T’Sjoen met Ena Jansen, voormalige Suid-Afrikaanse Leerstoelhouer aan die Universiteit van Amsterdam, ’n gesprek gevoer oor haar navorsing, vertaalwerk en betekenisvolle brugbouerskap tussen die Suid-Afrikaanse en Nederlandstalige letterkundes.

In gesprek met Ena Jansen
(4 Desember 2025)

Op 30 Oktober het Andries Visagie met Eep Francken en Olf Praamstra gesels oor hulle literatuurgeskiedenis, Geen land voor dromen (2023).

In gesprek met Eep Francken en Olf Praamstra
(30 Oktober 2025)