Op 30 September 2025 het Alwyn Roux met Yves T’Sjoen gesels oor die nuwe jaargang van Samespraak. Die oorhoofse tema vir 2025–2026 was “trajekte van Nederlandstalige skrywers in Suid-Afrika en Namibië”, met ’n fokus op kruisbestuiwing, resepsie en die veelkantige kontakgeskiedenisse tussen die Afrikaanse en Nederlandstalige letterkundes.