Samespraak-gedigkompetisie (2023-2024) 

Georganiseer deur: Samespraak

Sluit aan by ons poëtiese reis en wen 'n getekende kopie van Charl-Pierre Naudé se befaamde bundel In die geheim van die dag

Hoe om in te skryf:

Skryf 'n gedig geïnspireer deur Charl-Pierre Naudé se lesing op Samespraak se webblad: https://www.samespraak.com/kreatiewe-skryfkuns-1/dr-charl-pierre-naude

Die kompetisie staan oop vir almal - geen ouderdomsbeperking!

Deelname kan in Nederlands, Engels, isiXhosa of Afrikaans wees.

Stuur jou gedig aan Alwyn Roux (erouxap@unisa.ac.za) tussen 1 November 2023 en 31 Januarie 2024.

Die beste inskrywings sal gedurende November, Desember en Januarie op ons webblad gepubliseer word.

Die uitslae sal deur Alwyn Roux en Jessica Van Wynsberge aangekondig word aan die begin van die nuwe Samspreek-jaar in Februarie.

Skep. Inspireer. Deel jou stem met die wêreld.

Previous
Previous

Samespraak Poëziewedstrijd (2023-2024)

Next
Next

Samespraak Poetry Competition (2023-2024)