Samespraak

Studiegroep vir Afrikaans en Nederlands

As ’n manier om belangstelling in die vergelykende bestudering van Afrikaanse en Nederlandse taal- en letterkunde te kweek, bied Samespraak ’n aanlyn platform vir nagraadse studente, postdoktorale ondersoekers en dosente van die Lae Lande en Suid-Afrika (maar ook Pole, Tsjeggië, Duitsland, Namibië, Suriname, Curacao en Aruba). Die forum dien as ’n platform waarop seminare, leesgroepe en werkswinkels gefasiliteer word.

photo-1489533119213-66a5cd877091.jpg

Oproep om lidmaatskap

Akademici wat belangstel in die vergelyking van Afrikaanse en Nederlandse taal- en letterkunde, word uitgenoooi om deel te neem aan Samespraak.  Alle SAVN-lede verkry outomaties lidmaatskap tot Samespraak.

Indien jy belangstel  om deel te word van die Samespraakgemeenskap, voltooi asseblief die onderstaande vorm en stuur dit aan die Samespraakbestuur.

Untitled design (72).jpg

Opkomende seminare

Die studiejaar skop op Woensdag, 31 Mei 2023 af met ’n virtuele bekendstellingsgeleentheid van die nuwe skrywerresidensies wat vanjaar plaasvind. Ons fokus is vanjaar op die werk van Lynthia Julius en Jolyn Phillips.

Skrywersresidensie in Mei 2023 tot Junie 2024
Lynthia Julius en Jolyn Phillips

Lynthia Julius, afkomstig van Springbok en woonagtig in Kimberley, het ’n honneursgraad in filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Sy volg tans 'n MA in Kreatiewe Skryfkuns aan dieselfde instansie. Sy het die Afrikaanse kategorie van die Avbob-poësiekompetisie in 2018 gewen. Haar debuutbundel Uit die Kroes (2020) is vereer met die First-time Published Author Award by die South African Literary Awards in 2021.

Jolyn Phillips is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer. Haar debuutbundel Tjieng Tjang Tjerries (2016) was op die kortlys van die UJ-debuutprys en ontvang die toekenning van die Nasionale Instituut vir Sosiale Wetenskappe en Geesteswetenskappe. Haar digdebuut Radbraak (2017) het die UJ-prys gewen en benoemings vir ander gesogte toekennings ontvang. In 2020 verskyn haar jongste bundel Bientang.


Kontak Samespraak

Het jy ’n navraag? Stuur ’n e-pos en een van ons bestuurslede sal so gou moontlik kontak maak.

E-posadres
samespraak@gmail.com